Een van die eerste dinge wat jy kan doen om jou blog ‘n unieke voorkoms te gee is om die kopstrook te verander. Vir beginners is daar ‘n seleksie van foto’s opgelaai waaruit jy net een kan kies. Vir die met bietjie meer waagmoed is daar die opsie om jou eie foto op te laai. Daar is ‘n paar tegniese vereistes waaraan so ‘n foto moet voldoen, dus sal ons later ‘n volledige artikel daaraan wei.
Kom ons spring weg met die vooraf opgelaaide foto’s. Volg die stappe presies soos dit hier uiteengesit is en let op al die notas wat op die foto’s aangebring word.
1)Klik op Voorkoms in die linker navigasie

2) Klik op Header
3) Op hierdie punt is daar twee keuses: ‘n nuwe foto, of ‘n rotasie basis waar daar ‘n ander foto uit die bestaande argief vertoon word op elke nuwe bladsy. Klik op die oop kolletjie langs die opsie wat jy wil uitoefen. (sien notas op meegaande foto)

4) Los vir eers die addisionele opsies net soos wat dit is.
5)Klik op Stoor Wysigings heel onder
6) Die veranderinge is nou geïmplementeer, klik bo-aan die bladsy op Besoek Webwerf om te sien hou jou webwerf se nuwe voorkoms lyk!
